Windhoek

11/09/2014

Na ontbyt pak ons ons oornagtassie en vertrek na Windhoek, sowat 100 km van die plaas. By die vulstasie in Dordabis gooi ons net so 20 liters brandstof in omdat hulle nie kaarte aanvaar nir.

Die pad na Windhoek is nie baie besig nie, en ons vind maklik die groot MaeruaWinkelsentrum in Robert Mugabe Drive. Dis 'n groot winkelsentrum met meeste van die bekende SA winkels daar te vinde.

Johann kry by die NTC Winkel 'n netwerk modum en sim kaart vir N$199. Dit sluit N$300 se lugtyd in wat op spesiale aanbieding is. Wat 'n winskoop.

By die dogter van Gys en Marilene Joubert hoor ons van die bekende eetplek Joe's Beerhouse in Nelson Mandela Rylaan. Ons ry daarheen en nuttig middagete daar. Die middag spyskaart bestaan net uit 5 items en ons drink elkeen 'n yskoue bier om die hitte bietjie te verdryf.

Ons ry na die huis waar Elsie gebly het toe hul in Windhoek gewoon het. Dit is nou omskep in 'n gastehuis. Die personeel neem ons deur die huis, en Elsie kon sien wat alles intussen aan die huis verander is. Voor in die tuin staan 'n reuse groot Rubberboom wat sy geplant het toe haar oudste dogter San-Marie gebore is. Ons wil daarna na die Inligtingskantoor gaan om uit te vind wat alles deesdae besienswaardighede is. Oral waar ons ry is dit erge verkeersknope, en nes ons dink nou is ons daar, is die straat deur die polisie en verkeersmense versper. Die hele middestad is onbereikbaar. Ons gee later moed op en ry met 'n wye draai rondom die middestad om by Elsie se vriende Nico en Marieta Tromp se huis te kom waar ons sou oornag. Die volgende dag lees ons in die koerant dat dit die begrafnis was van Aaron Mushimba, die skatryk broer van die vorige Staatspresident Sam Nujoma se vrou, Mev Kovambo Nujoma.

Die aand kuier ons saam met Nico en Marieta en kon hul 25 jaar se stories met mekaar deel,

12/09/2014

Eerste op die lys was 'n besoek aan Pupkewitz se hardeware winkel, waar ons ook vir Fiona van die plaas raakloop. Daarna soek ons die winkeltjie waar Elsie borduurgare wil koop. Ons kry dit maklik met die hulp van Garmin, maar hul hou nie borduurgare aan nie. Die dame verwys ons na 'n ander winkel in Independence Rylaan en ons ry toevallig daar verby en knm Elsie haar borduurgare koop.

By die " I " kry ons baie inligting en die vriendelike amptenaar nooi ons uit om ons voertuig daar voor sy kantoor te parkeer omdat dit daar veiliger is. Ons besoek die Christuskirche (Duitse Kerk) die Independance Memorial Museum, en die Alte Feste museum. Die Alte Feste is 'n ou fort, maar dis nou toe en alles is verwyder. Ons soebat die dame wat as "wag" daar sit om ons toe te laat om net 'n foto of twee binne te neem, maar sy weier volstrek. Later kom 'n ouerige dame by die hek in, en ons vra weer mooi. Sy laat ons inkom en s ons moet net nie lank vat nie. In die binnehof staan die ruiter en perd standbeeld wat oornag "verdwyn" het, weggesteek en ons kon 'n paar fotos daarvan neem.

By die Independance Museum kon ons nie ingaan nie, want 'n vorige president erens uit midde Afrika was daar op besoek, en dis net polisie waar jy kyk. Almal was egter baie gaaf en gesels lekker met ons in Afrikaans. Ons ry toe maar na die kasteel bo-op  die "berg" wat vandag die Heinitzburg Hotel is. Daarvandaan kan mens amper oor die hele Windhoek uitkyk. Johann geniet iets koud en Elsie 'n koppie tee voor ons weer na die Tromps se huis ry vir middagete.

Joe's Beerhouse

Joe's Beerhouse Joe's Beerhouse Joe's Beerhouse
 
Elsie se huis in Windhoek Elsie se huis in Windhoek Elsie se huis in Windhoek  
Christus Kirche Christus Kirche Christus Kirche Christus Kirche
Heinitzburg Hotel Uitsig oor Windhoek Uitsig oor Windhoek Uitsig oor Windhoek
Alte Feste Perderuiter standbeeld "Freedom" Beelde "Their blood waters our freedom"
 
Regerings geboue Tuine voor Parlementsgebou Tuine voor Parlementsgebou  
 
Nico en Denise Tromp met Elsie Nicky en Marieta Tromp met Elsie Elsie en Uschi Greeff  
Independence Museum Elsie voor Independance Museum Pres. Sam Nujoma San-Marie se Rubberboom

Ons doen inkopies vir die week wat voorl, en teen sononder gaan ons na Nico en Denise Tromp waar ons die nag sou oorbly.

13 September 2014

Die aand gaan ons uiteet en ou stories word afgestof en blink gevryf met al die geselsey. Om soveel jare se stories op te vang en in te haal neem ons die aand tot na 23:00. Die geselsery word die volgende oggend aan die ontbyttafel voortgesit en word die oggend sommer lekker lank uitgerek, soveel so dat ons eers 12:30 weer op die plaas by Gys en Marilese terukom

Vergroting van beelde op "Vryheidsmonument". Duitse soldate by plaaslike bevolking wat opgehang is

Tuisblad   :  Namibia Reisplan  :   Volgende