Tuisblad:  Toer 8  
 

Ballito, Winkelspruit. Scottburgh, Ilanga

 

BALLITO

Dag 171
17/08/2009

Dit was maar 'n hartseer afskeid van ons goeie vriende van Tugela Mond. Alle goeie dinge kom egter tot 'n einde en ons toer moet voortgaan

By die Shell Ultra City maak ons weer die dieseltenks vol, en pomp ons wiele. Ons was vir 2.5 maande by Tugela en moes al die noodsaaklike dienste, soos water, olie, bande ens laat nagaan.

Die wind waai baie sterk vanuit die noord-ooste en "stoot" ons lekker van agter. Ons draai in by Ballito om inkopies te doen. Op die ingewing van die oomblik besluit ons sommer net daar en dan om so 'n nag of twee by die Dol[phin Resort oor te bly sodat ons noodsaaklike administratiewe take kan afhandel, soos vlugte te bespreek en selfone te registreer. DIe wind waai baie sterk maar ons is redelik ebskut in die karavaanpark.

Toe ons die afdfak afslaan, merk ons dat die sterk winde by Tugela die een stut van die motorhome se afdak skoon uit die skroewe getrek het. Ons bel 'n "handyman" om die stut te kom vasanker. Dis jammer dat on vriend Neels van Tugela nie byderhand is om dit reg te maak nie. Neels het heelwat klein herstelwerkies gedoen soos die trappie wat begin skeur het, diie tent se pype wat hy improviseer het ens. Hierdie sou vir hom sommer kleingeld gewees het.

Die middag gaan doen ons inkopies by die Lifestyle sentrum. Die sentrum is bo op die heuwel en die wind waai ons byna van ons voete af. Die weervoorspelling voorspel nog sterker wind vir more. Terug by die kamp vind ons alle krag af en is alles pikdonker.

Dag 172
18/08/2009

Nog een van die kus se winderige dae. Hou die wind dan nooit op waai nie?

Ons ry eers noordwaarts langs die kus op en gaan kyk hoe lyk Salt Rock karavaanpark. Dit is op die see en net die agterste staanplekke is beskut teen die wind. Die res is reg in die bek van die wind. Dan verder na Sheffield Beach wat hoog bokant die watervlak is. Daar is baie trappies om af te klim tot onder by die strand. Die see is baie onstuimig en die wind waai jou weg.


                        Stormsee vanaf Sheffield Beach in rigting Ballito

Ons gaan terug na Ballito en stop by die Lifestyle sentrum om groente ens te koop. Ons loop vir Judy en JD daar raak. Almal was opgewonde om mekaar weer te sien. Ons gaan eet by die Fish Factory, 'n viswinkel waarvan ons by soveel van ons vriende gehoor het. Dit is baie kos teen 'n redelike prys, en ons eet ons trommel dik.

Elke dag teen 10:30 3n 15:30 bied die karavaanpark 'n ope tee met skons, konfyt en room, vir al die kampeerders. Ons gaan saam tee drink en dink dit is 'n gawe idee. Ongelukkig was ons die enigste gaste wat vir die middag sessie opgedaag het, so ons het baie skons gehad net vir ons self!

Dag 173
19/08/2009

Die oggend begin as mooi dag, maar weereens steek die weer op en teen die middag waai die wind uit sy nate uit en begin dit reen. Elsie se nuwe plat, moderne, selfoon word by die karavaanpark afgelewer. Dit was 'n hele drama omdat die plaaslike Nashua Mobile kantoor ons aanvanklik mee gedeel het dat ons aansoek "afgewys" is. Nadat Johann dit ge-eskaleer het tot by sy kontak by Nashua Mobile Hoofkantoor, word ons die volgende dag meegedeel dat die aansoek goedgekeur is en dat hul die foon hier by die karavaanpark sal kom aflewer. "It pays to know people". Die vriendelike dame by Nashua Hoofkantoor volg dit baie vriendelik op totdat die foon in ons hande is. Dit is nou diens soos ons dit van hulle oor 15 jaar geken het!

Ons kry komplimentere kaartjies by die karavaanpark om tee of koffie te gaan drink by die Waterberry Restaurant wat op dieselfde perseel is. Ons drink die middag tee en kry as verrassing sjololade brownies met roomys. Die diens en vriendelikheid van die park se personeel is uit die boonste rakke. Ons beveel die park aan vir enigeen wat wil luister en hier lees!

Dag 174
20/08/2009

WINKELSPRUIT

Dit reen sagweg as ons oppak om verder te ry. Teen 10:00 is ons op pad na Winkelspruit, net suid van Amanzimtoti. Ons stop die motorwoonwa by die winkelsentrum in Winkelspruit en ry met die Ford verder om na die karavaanparke in die omgewing te gaan kyk. Ons besoek die Villa Spa, Protea Karridene en ATKV Natalia karavaan parke. Ons besluit om weer by die ATKV Natalia vir 7 dae te gaan staan.

Ons gaan besigtig die beskikbare staanplekke en kies staanplek 120 in die "bo-dorp". Die staanplek het 'n see-uitsig en 'n laning piesangbome beskut die staanplek teen die suid-oos en suid-weste winde.

Johann sukkel om die TV ingestel te kry, en kry later hulp van "Goose" Goosen van Van der Bijlpark. Gelukkig kon ons toe die 200m naeloop by die Wereldspele sien.

Dag 175
21/08/2009

'n Pragtige windstil oggend. Ons gaan stap 'n ver ent al langs die see in 'n suidelike rigting. Dit is die eerste mooi dag wat ons in amper 3 maande langs die kus gehad het. Hoop die weer hou.

Die res van die dag bly die wind weg en kan ons 'n rustige kalm dag geniet. Die aand braai ons 4 "baby hake" vissies wat ons by Pick n Pay gekoop het. Dit smaak sommer vorentoe

Net so twee staanplekke van ons staan Switsers met hul motorwoonwa. Die voertuig is behoorlik beskilder en lyk nogal "mooi". Ons gesels met hulle en hoor dat hul al 10 maande op toer is en dwarsdeur Afrika gekom het tot hier. Hiervandaan gaan hul na Indie en dan Australie en Amerika. Hulle vier kinders kry tuisonderrig en geniet die toerdery terdee. Hulle web is by http://www.sixenroute,com.\


          Switsers op toer                                            Lewensredders

Dag 176
22/08/2009

Toe ons vanoggend water uit die motorwoonwa se tenk pomp, loop die water in strome uit die kant van die motorwoonwa. Johann kyk of van die pype van die geizer dalk losgekom het, maar sien niks waaraan hy iets kan doen nie. Hy bel weer vir Keith, die karavaan hersteller en hy kom so teen etensuur na Natalia. Na 'n gesoek, blyk dit dat die geizer se tenk 'n lek in het. Keith het 'n spaar tweedehandse tenk by die huis, en hy haal die stukkende een uit en sal more-oggend die "nuwe" een terugbring en insit. Hy sal ook seker maak dat alles dan behoorlik werk. Die "nuwe" geizer sal ook van 220v krag sowel as van gas werk.

Die dag sou volgens die weervoorspelling baie winderig wees, maar dit draai 'n baie mooi dag uit met net 'n effense Noord-ooste wind in die middag. Dis egter bietjie aan die koel kant. Ons gaan af see toe en sien hoedat die Gannets een na die ander agter vis aan in die see duik . Dalk is dit die moeite werd om te probeer visvang. Van die mense het walvisse in die see gesien spuit, maar ons kon geen een sien nie.

Die aand braai ons calamarie steaks en eet tog te lekker saam met rys en slaai

Dag 177
23/08/2009

Die derde mooiweer dag in 'n ry, met net 'n effense Suid-weste windjie wat waai.

Keith daag presies om 09:30 op soos afgespreek. Duidelik werk hy nie op die sogenaamde "afrika tyd" nie. Die nuwe geizer word ingesit en getoets en die waterlek uit die geizer is iets van die verlede. Hy toets die gas brander, die warm en koue water en alles werk behoorlik.


                                           Keith sit nuwe geizer in

Ons gaan daarna suidwaarts langs die kus af om na die karavaanparke by Scottburgh en Rocky Baai te kyk.  Ons ry deur altwee die parke om te kyk na die kamp en beskikbare staanplekke en besluit op die karavaankamp by Scottburgh. By Scottburgh is pragtige swemplekke, 'n getypoel, winkels naby en 'n paar restaurante net langs die karavaanpark. Ons kies 'n aantal staanplekke en hoop hul is beskikbaar as ons volgende week daar aankom.

Ons ry laat middag terug Natalia toe en ontvang ons bure as kuiergaste. Die wind begin redelik sterk uit die suide waai en die weer steek op en teen 19:00 val 'n lekker bui reen soos voorspel deur die weerburo. Ons hoop hulle is verkeerd en dat die reen nie die hele volgende week aanhou nie. Gelukkig gaan l die effense wind darem toe dit begin reen.

Dag 178
24/08/2009

Dis koud, maar net 'n effense ligte motreentjie sak af en toe uit  Ons gaan stap op die strand in die rigting van Amanzimtoti. Dis laagwater en die strand is lekker hard. Langs die pad kry ons 8 African Black Oystercatchers (Swart Tobies). Hulle hardloop al voor ons uit, vlieg dan op en gaan sit weer 'n ent voor ons. Later gaan hul terug tot waar hul aanvanklik was en kry ons hul weer op die terugtog.


       Reenweer oor die see                                                                                      Black Oystercatchers op strand by ATKV Natalia

Ons gaan Winkelspruit toe en vul voorrade aan. Net buite die Pick n Pay kompleks is 'n slaghuis wat die mooiste T-Bene verkoop vir R59.95/ Kg. Hulle sny vir ons 4 van die beste en dit sal lekker op die kole braai.  Heel Fillets verkoop vir R80 /Kg.

 Die middag spook ons om die matte in die motorwoonwa droog te kry. Toe die geizer leeggemaak is, het die water oor die matte geloop.

Dag 179
25/08/2009

Ons gaan stap weer langs die see. Dit is hoogwater en die strand is sag en baie skuins. Die wind waai uit die noord-ooste en is effe onplesierig. Later waai dit al sterker en is die see sommer baie onstuimig.

Ons ontmoet kampeerders wat hier by ons kom sit en kuier. Hul nooi ons om later by hul 'n drankie te kom drink, maar toe ons op die gegewe tyd daar aankom, is hul nerens te sien nie. Hul voertuig is wel daar, maar geen teken van hul nie! Wonder wat aangaan?

Ander kampeerders kla ook oor die wind wat die laaste tyd so sterk langs die kus waai. Toe ons twee jaar gelede dieselfde tyd langs die kus getoer het, was die weer baie lekker en kon Elsie elke dag swem. Nou is dit die een koue front na die ander.

Dag 180
26/08/2009

Ons laaste dag by Natalia. Elsie wil graag gaan fliek, en ons ry na The Pavilion winkelsentrum buite Durban. Ons gaan kyk na "The Proposal", waarin Sandra Bullock 'n feeks speel wat later verlief raak om in die VSA te kan aanbly. Dit was nogal lekker om na 'n goeie girlie prent te kyk.

Die dag was 'n doodstil dag sonder enige wind,, lekker warm en die see so glad soos 'n dam. Wens dit kon die heeltyd so gewees het. Ons begin regmaak om more verder suid te ry tot by Scottburgh, so 30 km hiervandaan.

Ons Cobb se deksel het gebars en die Ouboet stoel van Howling Moon het begin skeur. Dit was albei splinternuwe aankope en Johann het dit gerapporteer by Lee-Anne van Loftus Karavane in Randburg. Vanmiddag kom die Verkoopsbestuurder van Jurgens CI, Charl Weber, uit Johannesburg hier aan met 'n nuwe stoel en 'n ander deksel vir die Cobb. Welgedaan en dankie vir Charl van CI en Lee-Anne van Loftus Karavane vir hul flinke diens.

SCOTTBURGH

Dag 181
27/08/2009


                                                                                                      Scottburgh van die see se kant gesien

Dit is bewolk en die reenweer dreig om enige oomblik uit te sak. Teen 09:00 is ons opgepak en vertrek ons na Scotburgh, sowat 30 km verder suid. Dit begin saggies reen, en toe ons uiteindelik by Scottburgh Karavaanpark aankom, reen dit sommer lekker hard. So tussen die reenbuie deur, as dit effe opklaar, slaan ons kamp op en is later lekker nat, maar alles is gou in orde. Ons staanplek is no 57, in die agterste ry, onder piesangbome, wat die wind uit die noorde kan afkeer. Ons draai die motorwoonwa met die "rugkant" na die suide om die suid-oos en suid-weste winde af te keer. Die staanplek het ook 'n lekker uitsig oor die see.

Dit is bitter koud. Ons stap strand toe, maar kom weer gou terug. Die wind is ysig koud, met 'n fyn motreentjie en dit is lekkerder binne die woonwa. Die meeste swaeltjies bly ook maar binne hulle ":neste". Die maand-tarief vir die swaeltjies hier is R850-00.

Ons gaan verken die dorp en vind uiteindelik die Pick 'n Pay sentrum op die ou hoofweg buite die dorp. Dit is 'n mooi groot sentrum met baie winkeltjies. Die wind waai sterk deur die gange en dis blik....m koud binne die gebou.

Die aand sou ons graag 'n kaggel binne die motorwoonwa wou he, maar die verwarmer moet maar diens doen

Dag 182
28/08/2009

Na die stormweer van die vorige dag, is dit vandag 'n lekker sonskyndag. Die wind is effe uit die suid-ooste, maar ons is lekker beskut. Die wind waai die geluid van die see reg in ons rigting en dit klink baie hard hier teen die wal waar ons kamp. Ons begin beplan aan die deel van ons toer langs die Transkei kus, en hoop dat ons lekker weer daar sal kry en dat Johann uiteindelik weer sal kan probeer visvang.

Die hengelaars hier op die rotse by Scottburgh het nie veel sukses nie. Die weer was te omgekrap. By die swemplek op die strand is heelwat mense wat die heerlike weer geniet. Nie aldag wat daar ssulke mooi weer is nie.

Die internetsein hier is maar swak en onstabiel, sodat ons nie fotos kan oplaai nie. Dit sal maar moet wag tot ons 'n beter sein het.

Dag 183
29/08/2009

Te gou van mooiweer gepraat. Vandag waai die wind of hy iets het om te bewys of om op te maak vir gister se mooiweer. Reg uit die Noord-Ooste en vrek koud. Ons tent is nie bestand teen die wind nie, en ons moet maar afslaan. Dis seker die vrotste dag wat ons nog hier langs die kus gehad het - koud, erge wind, bewolk, deinserig en sommer net vrot

Dag 184
30/08/2009

'n Effens beter dag as gister. Ons ry weer met die Fordjie verder suidwaarts en gaan kyk na Voetplaatpad karavaanpark by Sunwich Port en Ilanga Karavaanpark by Banana Beach.. Ons wil Donderdag hiervandaan verder suidwaarts ry en wil vooraf gaan kyk waar om te gaan staan. Ons besluit op Ilanga nadat ons vooraf langs die pad  goeie verwysings van die kampplek van ander kampeerders gekry het.  Ons gesels met kampeerders in verskeie kampe en kry hul mening oor hierdie twee karavaanparke asook ander waar ons reeds voorheen was. Ons kry sulke teenstrydige menings dat ons amper nie kan glo dat ons nou net by van die karavaanparke was wat nou so afgekraak word nie!. Mense kan darem bevooroordeeld wees. Dit lyk of hul net glo dat die een waar hul nou is, die beste ooit is na slapchips. Dit klink vir ons of hul die menings uitspreek sonder dat hul werklik enige eie ondervinding of kennis van die parke het. 

Teen etenstyd meld ons by Fanie en Colleen Minne in Hibberdene aan vir  middagete. Hulle het 'n feesmaal voorberei en ons kuier tog te lekker en gesels kopstukke oor die kinders en bekendes. Meer as 'n bottel rooiwyn het die gesels laat vlot ! Teen sononder is ons weer terug in Scottburgh.

Dag 185
31/08/2009

Die laaste dag van die winter. Dit is 'n heerlike amper windstil dag, maar die son kom net so af en toe uit. Die hengelaars hengel nog steeds. Almal met wie ons praat, kry nie eens 'n byt nie. Of die water is te koud. of die weer  is te koud, of die gety is te hoog, of te laag ens. Kortom - hier is nie vis wat byt nie.

Voor ons in die see sien ons minstens een walvis, en 'n hele skool dolfyne baljaar in die branders. Hulle was die hele dag hier in die rondte, maar effe ver om af te neem.

Dag 186
01/09/2009

Lente breek aan, maar die weer is alles behalwe 'n lentedag. Ons spandeer die oggend om alles in die motorwoonwa uit te pak, skoon te maak en w eer terug te pak. Ons moes ook ontslae raak van 'n klomp van die klein swart miertjies wat alles wat soet is aanval. Ons gooi poeier om die wiele, spuit miergif (doom) binne en dit lyk of dit die gewenste uitwerking gehad het.

'n Klomp swaeltjies het gister en vanoggend huis toe vertrek. Hulle drie winter maande hier by Scottburgh is verby en dis weer tyd om huis toe te gaan. Ander is ingeboek tot einde November, en keer weer begin Februarie terug.  

Dag 187
02/09/2009

Dit begin as die beste dag by die see sedert ons maande terug langs die kus begin kamp het. Dis doodstil en die see is spieelglad.


                                             'n Walvis speel in die verte                                                   Seemeeu beur teen die wind                  Wolnek ooievaar kuier in die kamp

Ons gaan doen inkopies en is luilekker langs die see. In die verte speel 'n walvis en spring af en toe hoog bo die water uit. Hy is bietjie ver, maar Johann kry tog 'n redelike foto van hom. Teen 15:00 trek dit skielik toe en binne 30 minute waai die sterkste stormwind wat ons nog beleef  het. Gelukkig was ons tent afgeslaan toe die stormwind die kamp onverhoeds tref. Van die kampeerders moes maar woes spook om windskerms en ralley afdakke te red en af te slaan. Na sowat 'n uur bedaar die wind en is dit weer 'n lekker stil middag.

Ons sal Scottburgh onthou as 'n lekker karavaanpark, reg langs die see, maar met min beskutting teen die Noord-ooste en Suid-ooste winde. Daar is ook nie sekuritiet aan die see se kant nie - dis alles oop. Ons het tog ten spyte van die wind lekker hier gekamp.

Gedurende die nag het iemand vermoedelik die seesand wat die rivier van die see afblok, deurgegrawe. Teen 03:00 die oggend het die water uit die opgedamde rivier eers druppel vir druppel, toe emmer vir emmer, en toe sjor, deurgebreek en 'n groot stuk sand uitgeruk en deurgebreek see toe. Die meeste van die riviere hier rond is met seesand afgeblok en die water loop nie deur see toe nie.


         Die rivier breek deur

ILANGA: BANANA BEACH

Dag 188
03/09/2009

Dis weer tyd vir oppak en verder ry. Hierdie keer so 50km verder suid tot by Banana Beach en die Ilanga Karavaanpark. Dis die laaste kamp wat ons sal besoek voordat ons deur die Transkei ry an die Oos-Kaap. Die park is ook reg teenaan die see, maar daar is digte bosse wat tussen die see en die kampplekke is en dit gee hopelik bietjie skuiling indien dit weer so sou waai. Ons verneem dat hier af en toe vis gevang word, so ons sal weer probeer.

Hier daag ook 25 karavane op van een of ander karavaanklub. Hulle staan op die einde van die park (wat langwerpig langs die see is) en het nie dieselfde beskutting teen moontlike winde soos wat ons het nie.

Vandag sou ook die tweede verjaarsdag wees van klein Kayla van de Westhuizen van Nibela Lodge wat so tragies verdrink het op 1 Maart vanjaar. Ons bel vir Sarel en Melani en wens hulle sterkte toe.


    Plankiespad by Banana Beach            Ilanga Karavaanpark teenaan see

Fanie en Colleen Minne kom kuier die middag by ons. Hulle is more op pad na Sobengu Lodge, reg langs Nibela. Ons sou nogal graag wou saamgaan , want hulle het 'n 6 slaapplek chalet net vir hul twee.


                                Fanie en Colleen Minne kuier by ons

Die see is hier vlak langs die kant baie diep. Die branders breek eers as die brander die strand tref. Dit breek met 'n groot lawaai, en hier in die kamp raas die see behoorlik. Dit is egter die mooiste dag by die see nog wat ons gehad het.


                                                                    Branders breek eers op die strand

Die eienaars van die karavaanpark is Tony en Cillie Braukmann. Hulle is direk betrokke by die kamp en is baie vriendelike mense. Hulle is tans besig om die kamp se geriewe op te gradeer, en as die ablusies klaar is, gaan dit baie mooi en netjies wee. Jammer ons sien dit as dit half-klaaer is. Ons sal maar weer moet kom, dit is die moeite werd!

Dag 189
04/09/2009
 

Dis weer 'n baie mooi stil oggend. Ons ry suidwaarts tot by Margate om sightseeing te doen, en gee sommer Johann se sweetpak top in by die naaste droogskoonmakery om vlekke uit te haal. Die see is pragtig stil en lyk reg vir visvang.

Na middag-ete probeer Johann visvang, maar het nie sukses nie. Iets vreet die aas elke keer af dat net die graadjies aan die hoek agterbly. Met die spoel van die branders voel mens nie dat die vissies byt nie. In die verte is 'n groot skool walvisse wat blaas en in die lug spring. Die wind waai al sterker uit die Noord-Ooste, maar ons staanplek (no 18) is baie lekker beskut en ons voel geen wind hier waar ons staan nie.  

 

Dag 190
05/09/2009
 

Ons kyk hoe pateties die Springbokke teen die Ausies rugby speel. Ons kon in 38 jaar nog nie die Ausies in Brisbane wen nie. Sowat van geploeter het ons lanklaas gesien, Hulle het gedink hul hoef net op die veld te draf dan is die wedstryd klaar gewen. Gelukkig het hulle nie vir "en Ja" om sy kommentaar gevra nie.!

Na die rugby steek Johann die vuur op en begin ons met 'n skaap potjie. Dis 'n heerlike dag buite en die potjie kook rustig. 

Dag 191
06/09/2009
 

Dit is weer 'n lekker windstil oggend. Die karavaan klub se mense vertrek so een-een en teen die einde van die dag was ons so 5 kampeerders en vier permanente inwoners wat oorgebly het. Johann probeer weer visvang, maar net die aasvreters is in die see. Terwyl Johann hengel, stap Elsie see-langs tot by Voetplaatpad karavaanpark. Daar is 'n kafee oorkant die park en sy wil die Huisgenoot en Rapport gaan koop.

Teen laat middag gaan stap ons in die omgewing van Banana Beach en kyk na die huise en tyd-deel ontwikkelings wat hier plaasgevind het. Dit was 'n baie lekker dag hier by die see.

Dag 192
07/09/2009

Ons gaan na Shelley Beach om by die groot Shelley winkelsentrum ons kosvoorrade aan te vul. Ons ontmoet ons ou vriend, Reuben Arnold, en kuier die oggend saam met hom. Hy het vir ons 'n staander gemaak vir die satelietskottel sodat dit hor van die grond kan wees. Sommige plekke waar ons gekamp het, het ons gesukkel om die TV-sein van die grondvlak te kry. 

Dag 193
08/09/2009

Dis maar 'n winderige dag en reen word vir die middag voorspel. Teen sononder begin dit dan ook vanaf die see se kant liggies reen

Ons het vir Reuben genooi om die middag by ons te kom vleis braai en dit was lekker om al die stories en wedervaringe van ons wedersydse ou kennise te kon opvang. Later die middag begin ons opruim en wegpak met die oog daarop dat ons more verder ry tot by Kokstad. Ons tyd langs die Natal kus is verby. Ons kan nie juis s dat ons lekker weer gehad het nie. Almal met wie ons gesels praat oor die slegte weer. 

Dag 194
09/09/2009

Dit is 'n reen oggend, en ons pak alles weg en teen 09 op 09/09/09 is ons gereed om te ry. Ons groet die Braukmanns en vat die pad na Kokstad

VOLGENDE