Yzerfontein

 

07/03/2016

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   93 kilometers

Weereens net 'n kort rit vir die dag. Die roete neem ons via Philadelphia, Atlantis, Mamre, Darling tot by Yzerfontein

Philadelphia

Philadelphia is 'n dorpie in die Wes-Kaap. Dit is 'n boerderygemeenskap wat in die Swartland geleŽ is, ongeveer 33 km suidwes van Malmesbury af. Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 570 gehad. Die meerderheid van die bevolking praat Afrikaans (87%). Die munisipale bestuur en dienslewering val onder die Stad Kaapstad. Die dorpie het ontwikkel uit 'n sendingstasie van die Nederduits Gereformeerde Kerk wat in 1863 hier gestig is. Die naam is van bybelse oorsprong (Openb. 3:7-13) en beteken "broederliefde". 

Die dorpie is net so 2 kilometer vanaf die N7 hoofroete op pad na Namibia. Ons draai daar in en kyk bietjie rond. Dis 'n baie ou dorpie, maar daar is heelwat nuwe huise en steeds word 'n paar nuwes gebou. Dit moet 'n baie rustige aftree plekkie wees. Uit die stad maar tog  ook naby alles

 
N G Kerk Pragtige ou geboue  
 
Poskantoor gebou Klipwinkel  

Atlantis

Die volgende dorp is Atlantis. Dit is 'n groot dorp met skole en woonstelblokke. Op sommige van die woonstelblokke se stoepe het die manne 'n "ńdd a room" geprakseer. Op 'n ander een is daar 'n duiwehoek gebou.

Atlantis is 'n dorp ongeveer 40 km buite Kaapstad. Die dorp het 67 491 inwoners in 2011 gehad. Atlantis was in dieapartheidsjare gestig met die doel om die kleurlinge uit Kaapstad te verplaas. Daar is 'n groot diesel enjin fabriek in Atlantis gebou. Vandag is 85,01% van die bevolking kleurlinge en volgens die 2011-sensus is Afrikaans die grootste taal (79,5%)

Duiwehok op stoep Add a room op stoep Boomlanaing

Mamre

Mamre, 'n dorp in die provinsie Wes-Kaap, is oorspronklik 'n sendingstasie van die Morawiese Sendinggenootskap, wat in die jaar 1808 gestig is. Dit is 17 km suid van Darling geleŽ. Die goewerneur van die Kaap, graaf Van Clarendon, het op 23 Maart 1808 drie plase De Groene Kloof, Louwskloof en Cruywagenskraal aan die Morawiese Sendinggenootskap geskenk. Die eerste kerk is in 1816 gebou. Die dorp spog vandag met 'n gerestoureerde watermeule. Die dorpie spog met 'n aantal tradisionele huise en die Kaapshollandsestyl. Die dorp het ook 'n gerestoureerde watermeul. Die dorpie se Bybelse naam, Mamre verwys na Abraham se tuiste en beteken vettigheid.

 Die historiese kerkgeboue is mooi in stand gehou en word steeds vandag gebruik

Sending Kerkie Pastorie Winkelgebou
Bakhuisie Langhuis Watermeule
 
Waterwiel Grasdak huisie  

08/03/2016

Darling

Darling is sowat 24 kilometer vanaf Yzerfontein, en veral baie bekend vir Pieter-Dirk Uys se "Evita se Perron restaurnt / teater".

Ons besoek die dorpie gedurende die oggend en besoek Evita se Perron. Dis 'n baie interessante plek met baie dokumente en fotos uit die vroeere Apartheids jare. Daar is ook baie persoonlike briewe aan Pieter-Dirk Uys geskryf deur Presidente en Ministers uit die vorige en huidige bedeling Ons geniet 'n koppie tee en koek in die restaurant en verkyk ons aan die baie goed wat daar uitgestal is.

Dan besoek ons die Ormonde Wynkelder en proe van hulle wyne. Ons koop van die wyne vir die spitbraai van more-aand.

Evita se Perron Evita se Perron Evita se Perron
Thabo se vliegtuig Allan Boesak se " ball and chain" Winnie se bad
Vele gesigte van Pieter-Dirk Uys Restaurant Spyskaart
Ormonde Wynkelder Kalkbrander Yzerfontein Kalkbrander Yzerfontein
   
Kalkbrander Yzerfontein    

Mykonos / Weskus Park

Sowat 50 kilometer noord van Yzerfontein is die Club Mykonos vakansie-oord. Ons gaan vir 'n dag-uitstappie om daar rond te kyk.

Dis 'n pragtige "Griekse Vakansie-oord" en is langsaan die Langebaan Strandmeer. In die privaat hawe le seiljagte van etlike miljoene rande ge-anker. Ons stap deur die nou wandelgange tussen die eenhede en verkyk ons aan die boustyl en uitleg van die oord.

Dan ry ons deur die Weskys Park terug na Yzerfontein. Ons sien darem drie Elande en 'n Korhaan, maar verder is daar niks te sien nie. Ons eet iets ligs by die Restaurant by Geelbek

Club Mykonos Club Mykonos Club Mykonos
Club Mykonos Club Mykonos Club Mykonos
   
Club Mykonos    
   
Geelbek restaurant in Weskus Park    

 

Tuisblad              Botswana toerskedule         Volgende